Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 125

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Hulle wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, wat vir altyd vasstaan.
2 Jerusalem word omring deur berge; die Here omring sy volk van nou af tot in ewigheid.
3 Ja, die goddelose septer sal nie rus op wat aan die regverdiges toegeken is nie, sodat die regverdiges nie hulle hande na onreg uitsteek nie.
4 Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte.
5 Maar dié wat afdraai op kronkelpaaie die Here sal hulle laat weggaan saam met dié wat onreg pleeg. Vrede oor Israel!