Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 124

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie laat Israel dit
2 as die Here nie vir ons was toe mense teen ons opgestaan het nie,
3 dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het;
4 dan het die water ons oorspoel, 'n stroom ons oorweldig;
5 dan het die tierende waters ons lewens oorweldig.
6 Die Here moet geprys word, Hy wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie.
7 Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.
8 Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.