Psalms 124AFR20

1'n •Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie – laat Israel dit sê –

2as die Here nie vir ons was toe mense teen ons opgestaan het nie,

3dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het;

4dan het die water ons oorspoel, 'n stroom ons oorweldig;

5dan het die tierende waters ons lewens oorweldig.

6Die Here moet geprys word, Hy wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie.

7Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.

8Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 124.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.