Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 121

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
2 My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
3 Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
4 Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5 Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6 Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
7 Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
8 Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.