1'n •Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
2My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
4Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
7Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
8Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.