Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 122

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.
2 Ons voete staan in jou poorte, Jerusalem
3 Jerusalem, gebou as 'n stad wat as 'n eenheid saamgebind is,
4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here, soos aan Israel voorgeskryf is, om die Naam van die Here te prys.
5 Want daar staan trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid.
6 Bid vir die vrede van Jerusalem: “Mag dié wat jou liefhet, rustig leef;
7 mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings.
8 Ter wille van my •broers en vriende ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!”
9 Ter wille van die huis van die Here ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.