Psalms 122AFR20

1'n •Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here. ”

2Ons voete staan in jou poorte, Jerusalem –

3Jerusalem, gebou as 'n stad wat as 'n eenheid saamgebind is,

4waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here, soos aan Israel voorgeskryf is, om die Naam van die Here te prys.

5Want daar staan trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid.

6Bid vir die vrede van Jerusalem: “Mag dié wat jou liefhet, rustig leef;

7mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings. ”

8Ter wille van my •broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!”

9Ter wille van die huis van die Here ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 122.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.