1'n •Pelgrimslied. Na die Here het ek in my nood geroep en Hy het my geantwoord.
2Here, bevry my lewe, van lippe wat lieg, van 'n tong wat bedrieg.
3Wat moet Hy jou gee, en wat moet Hy vir jou byvoeg, bedrieglike tong?
4Die skerpgemaakte pyle van 'n held saam met gloeiende kole van 'n witbesembos!
5Wee my, want ek vertoef as 'n •vreemdeling in Meseg; ek woon by die tente van Kedar.
6Te lank woon ek by hulle wat vrede haat.
7Ek is vir vrede, maar wanneer ek praat, is hulle gereed vir oorlog.