Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 120

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Na die Here het ek in my nood geroep en Hy het my geantwoord.
2 Here, bevry my lewe, van lippe wat lieg, van 'n tong wat bedrieg.
3 Wat moet Hy jou gee, en wat moet Hy vir jou byvoeg, bedrieglike tong?
4 Die skerpgemaakte pyle van 'n held saam met gloeiende kole van 'n witbesembos!
5 Wee my, want ek vertoef as 'n •vreemdeling in Meseg; ek woon by die tente van Kedar.
6 Te lank woon ek by hulle wat vrede haat.
7 Ek is vir vrede, maar wanneer ek praat, is hulle gereed vir oorlog.