Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 113

:
Afrikaans - AFR20
1 Halleluja! Loof, diensknegte van die Here, Loof die Naam van die Here.
2 Mag die Naam van die Here geprys word, van nou af tot in ewigheid.
3 Mag, van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, die Naam van die Here geloof word.
4 Hoog bo al die nasies is die Here; bo die hemel is sy heerlikheid.
5 Wie is soos die Here, ons God, wat hoog woon,
6 wat laag afkyk op die hemel en die aarde
7 Hy wat hulpeloses uit die stof laat opstaan, van die ashoop af behoeftiges verhef
8 om hulle by vooraanstaandes te laat sit, by die vooraanstaandes van sy volk,
9 Hy wat aan die onvrugbare vrou van die huis 'n tuiste gee 'n gelukkige moeder van kinders. Halleluja!