Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 114

:
Afrikaans - AFR20
1 Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met 'n vreemde taal,
2 het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied.
3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins.
4 Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers.
5 Wat gaan met jou aan, see, dat jy vlug, Jordaan, dat jy terugdeins,
6 berge, dat julle soos ramme bokspring, en julle, heuwels, soos lammers?
7 Sidder, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob,
8 wat die rots verander het in 'n waterryke vleiland, die vuursteen in 'n waterfontein.