Psalms 112AFR20

1Halleluja! Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die Here, wat groot vreugde vind in sy gebooie.

2Sy nageslag sal magtig wees in die land – 'n geslag opregtes wat geseën word.

3Oorvloed en rykdom is in sy huis, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.

4Hy skyn in die duisternis as 'n lig vir die opregtes; hy is genadig, barmhartig en regverdig.

5Dit gaan goed met 'n mens wat goedhartig is en uitleen, wat sy sake eerlik bestuur;

6want hy sal nooit wankel nie. 'n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.

7Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die Here.

8Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie; uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders.

9Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien.

10Die goddelose sien dit en vererg hom; hy kners op sy tande, maar kwyn weg. Die begeerte van goddeloses gaan tot niet.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 112.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.