Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 111

:
Afrikaans - AFR20
1 Halleluja! Ek wil die Here prys met my hele hart, in die kring van opregtes en in die byeenkoms.
2 Indrukwekkend is die werke van die Here, 'n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.
3 Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
4 Hy het bewerk dat sy wonders onthou word. Genadig en barmhartig is die Here.
5 Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het. Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.
6 Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee.
7 Die werk van sy hande is betroubaar en reg. Betroubaar is al sy opdragte,
8 bestendig vir altyd, vir ewig dit word nagekom in trou en opregtheid.
9 Verlossing het Hy vir sy volk gestuur. Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam.
10 Die begin van wysheid is ontsag vir die Here; almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig. Sy lof hou vir altyd stand.