Psalms 111AFR20

1Halleluja! Ek wil die Here prys met my hele hart, in die kring van opregtes en in die byeenkoms.

2Indrukwekkend is die werke van die Here, 'n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.

3Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.

4Hy het bewerk dat sy wonders onthou word. Genadig en barmhartig is die Here.

5Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het. Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.

6Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee.

7Die werk van sy hande is betroubaar en reg. Betroubaar is al sy opdragte,

8bestendig vir altyd, vir ewig – dit word nagekom in trou en opregtheid.

9Verlossing het Hy vir sy volk gestuur. Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam.

10Die begin van wysheid is ontsag vir die Here; almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig. Sy lof hou vir altyd stand.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 111.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.