Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 110

:
Afrikaans - AFR20
1 Van Dawid. 'n Psalm. Dit is die uitspraak van die Here vir my heer: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete maak.”
2 Uit Sion stuur die Here jou magtige septer: “Heers te midde van jou vyande!
3 Jou volk bied hulleself gewillig aan op die dag van jou magsvertoon op die heilige berge. Uit die skoot van die daeraad het Ek jou soos dou verwek.”
4 Die Here het 'n eed afgelê en Hy sal nie spyt wees nie: “Jy is priester vir altyd volgens die orde van Melgisedek.”
5 My Heer, die een aan u regterhand verpletter konings op die dag van sy toorn.
6 Onder die nasies voltrek hy die vonnis dit is vol lyke; hy verpletter hoofde oor 'n groot gebied.
7 Op pad drink hy uit die spruit; daarom sal hy sy hoof hoog hou.