Psalms 108AFR20

1'n Lied. 'n Psalm. Van Dawid.

2My hart is standvastig, o God. Ek wil sing, ek wil lofsing, ja, van harte.

3Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak.

4Ek wil U dank onder die volke, Here, ek wil U besing onder die nasies;

5want groot, ja, hoër as die hemel, is u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid.

6Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde,

7sodat u geliefdes gered kan word. Verlos tog met u regterhand en antwoord my.

8God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.

9Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf.

10Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor Filistea juig Ek.”

11Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom?

12Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.

13Kom ons te hulp teen teenstanders – die hulp van mense is nutteloos.

14Met God tree ons dapper op – Hý sal ons teenstanders vertrap.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 108.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.