Psalms 107AFR20

1“Dank die Here, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde,”

2moet hulle sê wat deur die Here vrygekoop is, hulle wat Hy vrygekoop het uit die hand van teenstanders,

3en byeengebring het uit alle lande, uit die ooste en die weste, uit die noorde en vanaf die see.

4Hulle het in die woestyn rondgedwaal, in die wildernis was hulle op pad; 'n stad, 'n woonplek, kon hulle nie kry nie.

5Honger en dors was hulle; die lewenskrag in hulle het weggekwyn.

6Toe het hulle in hulle nood na die Here om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle gered.

7Hy het hulle op 'n gelyk pad gelei om na 'n stad, 'n woonplek, te gaan.

8Hulle moet die Here prys vir sy troue liefde, vir sy wonders aan mensekinders;

9want Hy het die dors van hulle kele geles, en die honger van hulle kele het Hy gestil met wat goed is.

10Hulle wat in donkerte en digte duisternis gesit het, was gevangenes in ellende en ysterboeie,

11omdat hulle teen God se woorde in opstand was en die raad van die Allerhoogste verontagsaam het.

12Hy het hulle harte deur swaarkry nederig gemaak. Hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.

13Toe het hulle in hulle nood na die Here om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle verlos.

14Hy het hulle uit donkerte, uit digte duisternis gelei; hulle boeie het Hy stukkend gebreek.

15Hulle moet die Here prys vir sy troue liefde, vir sy wonders aan mensekinders;

16want Hy het deure van brons stukkend gebreek, die sluitbalke van yster stukkend gekap.

17Dwase het, deur hulle pad van oortreding en deur hulle sondeskuld, hulle eie teistering veroorsaak.

18Aan alle kos het hulle kele gewalg, hulle het tot by die poorte van die dood gekom.

19Toe het hulle in hulle nood na die Here om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle verlos.

20Hy het sy woord gestuur en hulle genees; Hy het hulle laat vrykom uit hulle vangkuile.

21Hulle moet die Here prys vir sy troue liefde, vir sy wonders aan mensekinders.

22Hulle moet aan Hom •dankoffers bring en met jubelkrete van sy dade vertel.

23Dié wat by die see in bote klim, hulle wat handel dryf op die groot waters,

24hulle het self die dade van die Here beleef, sy wonders op die diepwater.

25Hy het gepraat en 'n stormwind laat opsteek; dit het die see se golwe laat uittroon.

26Hulle het opgerys na die hemel, afgesak na die dieptes; in die ramp het hulle moed hulle begewe.

27Hulle het rondgeslinger, en gesteier soos 'n dronk mens; al hulle vernuf was waardeloos.

28Toe het hulle in hulle nood na die Here om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle uitgelei.

29Hy het die storm stil gemaak en die golwe het bedaar.

30Hulle was bly toe die golwe kalm word. Hy het hulle gelei na die hawe waarna hulle verlang het.

31Hulle moet die Here prys vir sy troue liefde, vir sy wonders aan mensekinders.

32Hulle moet Hom verheerlik in die byeenkoms van die volk, Hom loof waar die oudstes saam sit.

33Hy het riviere verander in 'n woestyn, waterbronne in 'n dorsland,

34vrugbare aarde in brak grond – vanweë die boosheid van dié wat daar woon.

35Hy het 'n woestyn verander in 'n waterryke vleiland, droë aarde in waterbronne.

36Hongeres het Hy daar laat woon, hulle kon 'n stad, 'n woonplek, vestig.

37Hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat die vrug van die oes gelewer het.

38Hy het hulle geseën, hulle baie meer laat word; hulle vee het Hy nie minder laat word nie.

39Toe hulle minder geword en gebuk gegaan het onder die druk van rampe en bekommernis,

40het Hy wat minagting uitstort oor vooraanstaandes, en hulle laat ronddwaal in 'n woesteny sonder paaie,

41behoeftiges beskerm teen ellende, en hulle familiegroepe so talryk soos kuddes kleinvee gemaak.

42Opregtes sien dit en is verheug; maar almal wat onreg doen, hou hulle monde toe.

43Wie wys is, moet hierop ag slaan en op die troue liefde van die Here let.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 107.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.