Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 101

:
Afrikaans - AFR20
1 Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, Here, wil ek besing.
2 Ek wil my toespits op 'n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met 'n opregte hart leef in my huis.
3 Ek sal nie iets boos voor my verdra nie. In die pleeg van wandade het ek 'n weersin; dit mag nie aan my kleef nie.
4 'n Vals hart moet van my wegbly; van boosheid wil ek niks weet nie.
5 Wie sy medemens in die geheim belaster, hom sal ek vernietig. Hovaardige en 'n hoogmoedige hart, dit kan ek nie verdra nie.
6 Ek is op die uitkyk vir betroubares in die land, sodat hulle by my kan bly; wie 'n onberispelike lewenswyse handhaaf, hulle mag my dien.
7 Daar sal niemand in my huis woon wat bedrog pleeg nie. Wie leuens vertel, sal nie voor my standhou nie.
8 Elke môre sal ek al die goddeloses in die land vernietig, om so almal wat onreg pleeg, uit die stad van die Here uit te roei.