Psalms 101AFR20

1Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, Here, wil ek besing.

2Ek wil my toespits op 'n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met 'n opregte hart leef in my huis.

3Ek sal nie iets boos voor my oë verdra nie. In die pleeg van wandade het ek 'n weersin; dit mag nie aan my kleef nie.

4'n Vals hart moet van my wegbly; van boosheid wil ek niks weet nie.

5Wie sy medemens in die geheim belaster, hom sal ek vernietig. Hovaardige oë en 'n hoogmoedige hart, dit kan ek nie verdra nie.

6Ek is op die uitkyk vir betroubares in die land, sodat hulle by my kan bly; wie 'n onberispelike lewenswyse handhaaf, hulle mag my dien.

7Daar sal niemand in my huis woon wat bedrog pleeg nie. Wie leuens vertel, sal nie voor my oë standhou nie.

8Elke môre sal ek al die goddeloses in die land vernietig, om so almal wat onreg pleeg, uit die stad van die Here uit te roei.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 101.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.