Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 100

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Vir lofprysing. Juig tot eer van die Here, o ganse aarde!
2 Dien die Here met blydskap, kom in sy teenwoordigheid met 'n gejubel.
3 Erken dat die Here God is; Hy het ons gemaak; aan Hom behoort ons, sy volk, die kleinvee wat Hy laat wei.
4 Gaan sy poorte binne met lofprysing, sy voorhowe met 'n loflied; loof Hom, prys sy Naam.
5 Want die Here is goed, vir ewig duur sy troue liefde, van geslag tot geslag sy trou.