Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Amos 1

:
Afrikaans - ABA
1 Die woorde van Amos. Amos was 'n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas.
2 Amos het gesê: “Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos 'n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”
3 Die Here sê: “Die mense van die stad Damaskus het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het wrede dinge gedoen aan die mense van die land Gilead.
4 Ek sal 'n vuur stuur na die huis wat koning Gasael gebou het, en die mooi huise wat koning Ben-Hadad gebou het, sal afbrand.
5 Ek sal die poort van Damaskus oopbreek. Ek sal al die mense wat in Bikat-Awen woon, doodmaak saam met die koning in die stad Bet-Eden. Die vyande sal die Arameërs vang en wegvat na die land Kir.” Dit is wat die Here gesê het.
6 Die Here sê: “Die mense van die stad Gasa het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het in party stede al die mense gevang en verkoop, en die mense het die Edomiete se slawe geword.
7 Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die stad Gasa. Sy mooi huise sal afbrand.
8 Ek sal al die mense van die stad Asdod doodmaak, en ook die koning in die stad Askelon. Ek sal die mense in die stad Ekron straf. Die Filistyne wat oorgebly het, sal sterf.” Dit is wat die Here gesê het.
9 Die Here sê: “Die mense van die stad Tirus het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het in party stede al die mense wat gevangenes was, verkoop aan die Edomiete en die mense het die Edomiete se slawe geword. Die mense van Tirus het vergeet dat hulle 'n ooreenkoms met daardie mense gemaak het.
10 Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die stad Tirus. Sy mooi huise sal afbrand.”
11 Die Here sê: “Die mense van die land Edom het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het oorlog gemaak teen mense wat familie is van hulle. Hulle was nie jammer vir hulle familie nie. Hulle het aangehou om mense dood te maak. Hulle het kwaad gebly.
12 Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die stad Teman, en die stad Bosra se mooi huise sal afbrand.”
13 Die Here sê: “Die Ammoniete het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het oorlog gemaak om meer grond te kry in die land Gilead, en toe het hulle swanger vroue oopgesny.
14 Daarom sal Ek die stad Rabba en sy mooi huise afbrand. Die vyande sal hard skree wanneer hulle die stad aanval, hulle sal soos 'n stormwind deur die stad gaan.
15 Hulle sal die Ammoniete se koning en sy amptenare vang en wegvat na 'n ander land.” Dit is wat die Here gesê het.