Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 99

:
Afrikaans - NLV
1 Die Here is koning! Laat die nasies bewe! Hy sit op die gerubs! Laat die hele aarde bewe!
2 Groot is die Here in Sion, hoog verhewe bokant al die volke.
3 Hulle moet u Naam verheerlik; dis groot en ontsagwekkend. Heilig is Hy!
4 U is die magtige koning wat die reg liefhet. U het opregtheid gevestig, en reg en geregtigheid in Jakob.
5 Loof die Here ons God! Aanbid Hom by sy voete, want Hy is heilig!
6 Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel het sy Naam aangeroep. Hulle het die Here om hulp geroep en Hy het hulle gebed verhoor.
7 In ’n wolkkolom het Hy gepraat, en sy bevele en voorskrifte wat Hy gegee het, het hulle gehoorsaam.
8 Here ons God, U het hulle geantwoord. U was vir hulle ’n God wat vergewe, maar ook Een wat hulle oortredings straf.
9 Loof die Here ons God! Dien Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig!