Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 100

:
Afrikaans - NLV
1 Almal op aarde, juig tot eer van die Here!
2 Dien die Here met blydskap. Kom voor Hom en sing met vreugde.
3 Erken dat die Here God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld.
4 Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam.
5 Want die Here is goed. Sy troue liefde hou aan vir altyd, sy trou is van geslag tot geslag.