1Ek wil sing van u trou en geregtigheid. Here, ek wil U met liedere prys.
2Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe, maar wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe met ’n opregte hart.
3Ek steur my nie aan bose dinge nie. Ek haat alle valsheid; dit sal nie op my ’n houvas kry nie.
4Ek sal verkeerde gedagtes verwerp en wegbly van alles wat boos is.
5Iemand wat sy naaste beskinder, sal ek tot swye bring. Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan, sal ek nie duld nie.
6Ek let op die getroues in die land, en laat hulle by my woon. Net dié wat opreg lewe, net húlle sal my dien.
7Bedrieërs sal nie in my huis woon nie, en leuenaars sal nie by my bly nie.
8Soggens sal ek regspreek, die goddeloses in die land uitroei, en al die bewerkers van kwaad afsny van die stad van die Here.