Psalms 98NLV

1Sing vir die Here ’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Hy het verlossing bewerk met sy krag en Goddelike mag.

2Die Here het sy redding aangekondig. Voor die oë van die nasies het Hy sy regverdigheid getoon.

3Hy het sy liefde en trou teenoor die huis van Israel onthou. Ons God se redding was sigbaar tot aan die uithoeke van die aarde.

4Laat die hele aarde die Here loof. Breek uit in sang, sing van vreugde!

5Bring lof aan die Here met die lier, met lier en met sang,

6met trompette en ramshoring. Juig tot eer van die Here, die Koning.

7Die see en alles daarin moet druis, die wêreld en almal wat daarin woon.

8Die riviere moet hande klap, die berge moet jubel

9voor die Here. Want Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld regverdig oordeel, en die volke met billikheid.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 98.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.