Psalms 97NLV

1Die Here regeer! Laat die aarde juig. Laat die talle eilande bly wees.

2Wolke en duisternis omring Hom. Reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon.

3Vuur gaan voor Hom uit en al sy teenstanders verbrand.

4Sy weerligte verlig die wêreld. Die aarde sien dit en bewe.

5Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die hele wêreld.

6Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid.

7Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig.

8Sion het dit gehoor en is bly, en die stede van Juda juig oor u oordele, Here!

9Want U, Here, is hoog verhewe bo die hele aarde; U is verhewe ver bo alle gode.

10Julle wat die Here liefhet, haat dan wat boos is! Hy beskerm die lewe van sy getroues, Hy red hulle uit die mag van goddeloses.

11Oor regverdiges skyn daar lig, en daar is blydskap vir hulle wat opreg is.

12Regverdiges, wees bly in die Here, en prys sy heilige Naam!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 97.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.