Psalms 96NLV

1Sing vir die Here ’n nuwe lied! Sing vir die Here, almal op aarde!

2Sing vir die Here, loof sy Naam! Verkondig sy verlossing dag na dag.

3Vertel die nasies van sy heerlikheid, aan al die volke van sy wonderdade.

4Groot is die Here; lof kom Hom toe! Hý moet gedien word bo alle gode.

5Die gode van die volke is niks, die Here het die hemele gemaak!

6Heerlikheid en majesteit is voor Hom; krag en glans is in sy heiligdom.

7Erken die Here, geslagte van die aarde, erken die Here vir sy heerlikheid en mag.

8Erken die Here vir die roem van sy Naam! Bring offers vir Hom en kom na sy voorhowe.

9Aanbid die Here in sy heilige glans. Laat die hele aarde voor Hom bewe.

10Vertel aan die nasies: “Die Here regeer! Die wêreld staan vas en sal nie wankel nie.” Sy oordeel oor volke is regverdig.

11Laat die hemele verheug wees, laat die aarde bly wees. Laat die see druis en ook alles daarin.

12Laat die velde jubel en alles daarop! Laat die bome van die bos juig

13voor die Here. Want die Here kom! Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld oordeel met regverdigheid, en die nasies met sy betroubaarheid.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 96.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.