Psalms 95NLV

1Kom, laat ons sing tot eer van die Here! Laat ons juig oor die rots van ons redding!

2Laat ons met lofsange voor Hom kom, Hom met lofliedere besing,

3want die Here is ’n groot God, die groot Koning bo alle gode.

4Die dieptes van die aarde is in sy hand, selfs die toppe van die berge is Syne.

5Die see is Syne; Hy het dit gemaak. Sy hande het die droë grond gevorm.

6Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker,

7Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ag, dat julle vandag na Hom sal luister!

8Moenie julle harte verhard soos destyds by Meriba, soos by Massa in die woestyn nie.

9Daar het julle voorouers My beproef, My getoets, al het hulle my werke gesien.

1040 jaar lank het Ek ’n afkeer gehad aan hierdie geslag, en Ek het gesê: “Dis ’n volk wat ontrou bly. Hulle ken nie my paaie nie.”

11In my toorn het Ek ’n eed afgelê: “Hulle sal my rusplek nie binnegaan nie.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 95.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.