Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 88

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Here, God van my verlossing, dag en nag roep ek tot U.
3 Luister tog nou na my gebed; hoor my hulpgeroep.
4 Want my lewe is vol ellende, en die dood kom al nader.
5 Ek word getel saam met dié wat op pad is na die graf. Ek het geword soos ’n sterk man met geen krag meer oor nie.
6 Ek word saam met dooies getel, saam met gesneuweldes in die graf, hulle vir wie U nie meer onthou nie, wat afgesny is van u versorging.
7 U het my heel onder in die diepste kuil gesit, in die donkerste dieptes.
8 U toorn rus swaar op my, u golwe het oor my geslaan. Sela
9 U het my vriende van my weggeneem. U het gemaak dat hulle my verafsku. Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.
10 My is dof van droefheid. Here, elke dag roep ek U om hulp, en sprei my hande uit na U in gebed.
11 Is u wonders vir die dooies bestem? Staan dooies op om U te loof? Sela
12 Word u liefde in die graf verkondig, en u trou in die plek van verderf?
13 Is u wonders bekend in die donkerte, u regverdigheid in die plek van vergetelheid?
14 Maar ek roep na U om hulp, Here. Elke oggend is my gebed voor U.
15 Here, waarom verstoot U my? Waarom draai U weg van my?
16 Vanaf my jeug het ek gely en was ek naby my dood. Die las van u verskrikking het my in verwarring.
17 U toorn het my oorweldig; u verskrikking het my vernietig.
18 Die hele dag omring hulle my soos vloedwater en sak op my toe van alle kante.
19 U het geliefdes en vriende van my weggeneem. Duisternis is my enigste geselskap.