Psalms 88NLV

1***

2Here, God van my verlossing, dag en nag roep ek tot U.

3Luister tog nou na my gebed; hoor my hulpgeroep.

4Want my lewe is vol ellende, en die dood kom al nader.

5Ek word getel saam met dié wat op pad is na die graf. Ek het geword soos ’n sterk man met geen krag meer oor nie.

6Ek word saam met dooies getel, saam met gesneuweldes in die graf, hulle vir wie U nie meer onthou nie, wat afgesny is van u versorging.

7U het my heel onder in die diepste kuil gesit, in die donkerste dieptes.

8U toorn rus swaar op my, u golwe het oor my geslaan. Sela

9U het my vriende van my weggeneem. U het gemaak dat hulle my verafsku. Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.

10My oë is dof van droefheid. Here, elke dag roep ek U om hulp, en sprei my hande uit na U in gebed.

11Is u wonders vir die dooies bestem? Staan dooies op om U te loof? Sela

12Word u liefde in die graf verkondig, en u trou in die plek van verderf?

13Is u wonders bekend in die donkerte, u regverdigheid in die plek van vergetelheid?

14Maar ek roep na U om hulp, Here. Elke oggend is my gebed voor U.

15Here, waarom verstoot U my? Waarom draai U weg van my?

16Vanaf my jeug het ek gely en was ek naby my dood. Die las van u verskrikking het my in verwarring.

17U toorn het my oorweldig; u verskrikking het my vernietig.

18Die hele dag omring hulle my soos vloedwater en sak op my toe van alle kante.

19U het geliefdes en vriende van my weggeneem. Duisternis is my enigste geselskap.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 88.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.