Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 87

:
Afrikaans - NLV
1 Sy fondament is gevestig op die heilige berg.
2 Die Here het die poorte van Sion lief, meer as enige ander woonplek in Jakob.
3 Wonderlike dinge word van jou gesê, stad van God! Sela
4 Ek sal Egipte en Babel noem onder dié wat My ken; ook Filistea en Tirus en ook Kus almal het kinders van Sion geword!
5 Dit sal van Sion gesê word: “Dié een en dáárdie een is hier gebore. Die Allerhoogste hou dit in stand.”
6 Wanneer die Here die volke opskryf, sal Hy sê: “Dié een is hier gebore.” Sela
7 Hulle sing en bespeel die fluite: “Die bron van my seëninge is in Sion!”