1Sy fondament is gevestig op die heilige berg.
2Die Here het die poorte van Sion lief, meer as enige ander woonplek in Jakob.
3Wonderlike dinge word van jou gesê, stad van God! Sela
4Ek sal Egipte en Babel noem onder dié wat My ken; ook Filistea en Tirus en ook Kus — almal het kinders van Sion geword!
5Dit sal van Sion gesê word: “Dié een en dáárdie een is hier gebore. Die Allerhoogste hou dit in stand.”
6Wanneer die Here die volke opskryf, sal Hy sê: “Dié een is hier gebore.” Sela
7Hulle sing en bespeel die fluite: “Die bron van my seëninge is in Sion!”