Psalms 86NLV

1Luister tog na my gebed, Here! Antwoord my, want ek is arm en ellendig.

2Beskerm my, want ek is getrou aan U. Red my, want ek is u dienaar. U is my God op wie ek vertrou.

3Wees my genadig, Here, want die hele dag roep ek tot U.

4Gee tog vir my blydskap, want na U is my verlange, Here.

5U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek.

6Luister goed na my gebed, Here, gee tog ag op my hulpgeroep.

7In tye wanneer ek in nood is, sal ek U aanroep, want U sal my antwoord.

8Daar is nie ’n god soos U nie, Here. Niemand kan u werke naboots nie.

9Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U neerbuig, Here; hulle sal u Naam verheerlik.

10Want U is groot en doen wonderdade. U alleen is God.

11Leer my u weë, Here, sodat ek in u waarheid kan wandel. Gee my ’n onverdeelde trou om so u Naam te dien.

12Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik,

13want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered.

14O God, verwaande mense het my aangeval. Geweldenaars wil my doodmaak, mense met geen agting vir U nie.

15U, Here, is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou.

16Sien my raak en wees my genadig. Gee sterkte aan u dienaar, red die seun van u dienares.

17Stuur my ’n teken van u guns. My haters sal toekyk en verslae wees, want U, Here, help en vertroos my.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 86.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.