Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 85

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Here, U was goed vir u land. U het die lot van Jakob verander.
3 U het die skuld van u volk vergewe. U het al hulle sondes kwytgeskeld. Sela
4 U het u woede bedwing. U het u gloeiende toorn laat afkoel.
5 Herstel ons, God van ons redding. Laat vaar u woede teen ons.
6 Sal U altyd vir ons kwaad bly? Sal u woede dan voortduur van geslag tot geslag?
7 Sal U nie ons weer laat herlewe sodat u volk bly kan wees in U nie?
8 Laat ons u troue liefde ervaar, Here, en skenk ons u verlossing.
9 Ek sal luister na wat God die Here sê. Hy belowe vrede aan sy volk en aan hulle wat getrou is. Laat hulle nie weer terugkeer na hulle dwase weë nie.
10 Redding is beslis voor die deur vir hulle wat Hom dien. Dan sal sy magtige teenwoordigheid in ons land bly woon.
11 Liefde en trou sal mekaar ontmoet. Regverdigheid en vrede sal mekaar omhels!
12 Waarheid sal uit die aarde ontspring, en geregtigheid uit die hemel.
13 Die Here sal beslis voorspoed gee, en ons land sal oeste oplewer.
14 Regverdigheid sal Hom vooruit gaan en vir sy koms die weg berei.