Psalms 85NLV

1***

2Here, U was goed vir u land. U het die lot van Jakob verander.

3U het die skuld van u volk vergewe. U het al hulle sondes kwytgeskeld. Sela

4U het u woede bedwing. U het u gloeiende toorn laat afkoel.

5Herstel ons, God van ons redding. Laat vaar u woede teen ons.

6Sal U altyd vir ons kwaad bly? Sal u woede dan voortduur van geslag tot geslag?

7Sal U nie ons weer laat herlewe sodat u volk bly kan wees in U nie?

8Laat ons u troue liefde ervaar, Here, en skenk ons u verlossing.

9Ek sal luister na wat God die Here sê. Hy belowe vrede aan sy volk en aan hulle wat getrou is. Laat hulle nie weer terugkeer na hulle dwase weë nie.

10Redding is beslis voor die deur vir hulle wat Hom dien. Dan sal sy magtige teenwoordigheid in ons land bly woon.

11Liefde en trou sal mekaar ontmoet. Regverdigheid en vrede sal mekaar omhels!

12Waarheid sal uit die aarde ontspring, en geregtigheid uit die hemel.

13Die Here sal beslis voorspoed gee, en ons land sal oeste oplewer.

14Regverdigheid sal Hom vooruit gaan en vir sy koms die weg berei.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 85.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.