Psalms 84NLV

1***

2Hoe lief het ek u woonplek, o Here, die Almagtige!

3Here, ek verlang, ek hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees, wil ek jubel oor die lewende God.

4Selfs ’n mossie kry hier ’n plek, en die swaeltjie bou haar nes en maak haar kleintjies groot naby u altare, Here, die Almagtige, my Koning en my God!

5Gelukkig is hulle wat in u huis woon, waar hulle U deurentyd kan loof. Sela

6Gelukkig is hulle wie se krag van U kom, wat hulle harte rig op ’n pelgrimstog.

7Gaan hulle deur ’n droë vallei, word dit omskep tot ’n fonteinedal. Vroeë reëns bring vir hulle seëninge.

8Hulle kragte sal vermeerder tot hulle in Sion voor God verskyn.

9Here God, die Almagtige, luister na my gebed. Luister, o God van Jakob! Sela

10O God, ons beskermer, kyk tog, betoon genade aan u gesalfde!

11Een dag in u tempel is beter as duisend elders! Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as dat ek woon in huise van goddeloses.

12’n Son en skild is die Here God. Die Here gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.

13Here, die Almagtige, gelukkig is hy wat op U vertrou.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 84.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.