Psalms 83NLV

1***

2Moenie onverskillig toekyk nie, o God. Moenie stilbly en niks doen nie, o God!

3Luister na die rumoer van u vyande! U haters het hulle teen U verset.

4Hulle smee komplotte teen u volk, hulle maak planne teen hulle vir wie U beskerm.

5“Kom,” sê hulle. “Laat ons hulle as nasie uitwis sodat die naam van Israel nie meer onthou sal word nie.”

6Hulle het eenparig saamgespan, en ’n verdrag teen U gesluit:

7Dit is die Edomiete en Ismaeliete, Moabiete en Hagareërs,

8Gebal, Ammon en Amalek, Filistea en die inwoners van Tirus.

9Selfs Assirië het by hulle aangesluit as bondgenote van die nasate van Lot. Sela

10Maak met hulle soos met Midian, soos U met Sisera en Jabin by Kisonspruit gedoen het.

11By En-Dor is hulle vernietig, en het bemesting vir die grond geword.

12Maak hulle leiers soos Oreb en Seëb, en al hulle aanvoerders soos Seba en Salmunna.

13Hulle het gesê: “Kom ons vat dit vir ons, hierdie land van God!”

14My God, maak hulle soos ’n tolbos, soos kaf voor die wind.

15Soos vuur ’n woud verteer, soos ’n vlam berge aan die brand steek,

16agtervolg hulle só met u orkaan, verskrik hulle met u stormwind.

17Maak hulle tot skande, Here, sodat hulle u Naam sal eer.

18Laat hulle altyd beskaamd en verskrik wees. Laat hulle verward wees en vergaan

19sodat hulle kan weet net u Naam is die Here, die Allerhoogste, oor die hele aarde.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 83.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.