1God staan op in die hemelse vergadering. Tussen die hemelse wesens lewer Hy uitspraak:
2“Hoe lank nog sal julle onregverdige beslissings vel en die goddeloses bevoordeel? Sela
3“Laat reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hulpelose en behoeftige.
4Bevry die armes en die behoeftiges; verlos hulle uit die greep van goddelose mense.
5Maar hulle weet nie en verstaan nie. Hulle lewe in duister terwyl die fondamente van die aarde skud.
6Ek het wel gesê: ‘Julle is gode, seuns van die Allerhoogste.’
7Maar nee! Julle sal sterf soos ’n mens, soos enige maghebber sal julle val.”
8Kom, o God, en oordeel die aarde, want al die nasies behoort aan U.