Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 82

:
Afrikaans - NLV
1 God staan op in die hemelse vergadering. Tussen die hemelse wesens lewer Hy uitspraak:
2 “Hoe lank nog sal julle onregverdige beslissings vel en die goddeloses bevoordeel? Sela
3 “Laat reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hulpelose en behoeftige.
4 Bevry die armes en die behoeftiges; verlos hulle uit die greep van goddelose mense.
5 Maar hulle weet nie en verstaan nie. Hulle lewe in duister terwyl die fondamente van die aarde skud.
6 Ek het wel gesê: ‘Julle is gode, seuns van die Allerhoogste.’
7 Maar nee! Julle sal sterf soos ’n mens, soos enige maghebber sal julle val.”
8 Kom, o God, en oordeel die aarde, want al die nasies behoort aan U.