Psalms 80NLV

1***

2Luister tog, Herder van Israel, U wat Josef soos ’n kudde gelei het. U wat oor die gerubs troon, verskyn tog in u heerlikheid

3aan Efraim, Benjamin en Manasse. Toon ons u magtige krag! Kom tot ons redding!

4O God, herstel ons tog! Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.

5Here, God die Almagtige, hoe lank sal U kwaad bly ten spyte van u volk se gebede?

6U het vir hulle trane as kos gegee, ’n beker vol droefheid laat drink.

7U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure. Ons vyande dryf met ons die spot.

8God Almagtig, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.

9U het ’n wingerdstok uit Egipte gaan haal. U het nasies verdryf en dit hier geplant.

10U het die grond vir hom reggemaak; sy wortels het gegroei en die land gevul.

11Die berge is oordek met sy skaduwee; die magtige seders met sy takke.

12Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot, en sy takke na die Eufraatrivier toe uitgesprei.

13Hoekom het U sy mure afgebreek sodat verbygangers dit kan stroop?

14Wildevarke van die bos verwoes dit, en die wilde diere vreet dit op.

15God Almagtig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok,

16die loot wat U self geplant het, en oor hierdie seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17Laat dié wat u wingerdstok verbrand en aan stukke gekap het, tot niet gaan wanneer U hulle teregwys.

18Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het.

19Dan sal ons U nie weer verlaat nie. Laat ons herlewe, dan sal ons weer u Naam aanroep.

20O Here, God die Almagtige, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 80.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.