Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 8

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele.
3 Kinders en babas besing u lof, want U het dié wat sterk is, bestraf, vyand en wreker stilgemaak.
4 Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het,
5 wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?
6 U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer.
7 U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge:
8 skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld,
9 die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome.
10 Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!