Psalms 8NLV

1***

2Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele.

3Kinders en babas besing u lof, want U het dié wat sterk is, bestraf, vyand en wreker stilgemaak.

4Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het,

5wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?

6U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer.

7U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge:

8skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld,

9die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome.

10Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.