Psalms 77NLV

1***

2Ek roep hardop tot God. Ek roep hardop tot God om na my te luister!

3In my nood soek ek die Here. Ook in die nag strek ek onvermoeid my hande uit in gebed. Tog het ek geen troos gekry nie.

4Ek dink aan God, en ek sug, ek peins daaroor en is moedeloos. Sela

5U verhinder dat ek slaap; van ontsteltenis kan ek nie praat nie!

6Ek dink aan die dae van vroeër, aan jare van lank gelede,

7toe ek gesing het in die nag, nagedink het oor sake. Dan vra ek my af in my binneste:

8Het die Here my vir altyd verwerp? Sal Hy ooit weer sy genade bewys?

9Het sy troue liefde vir altyd verdwyn? Het sy beloftes tot ’n einde gekom?

10Het God sy medelye vergeet? Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela

11Ek het gesê: “Dit is my droefheid: dat die Allerhoogste nie optree soos Hy voorheen gedoen het nie.”

12Here, ek onthou wat U gedoen het, ja, ek onthou u wonderlike dade van destyds.

13U dade bly in my gedagtes. Al u werke wil ek bepeins.

14O God, u weë is heilig. Is daar enige god so magtig soos U?

15U is die God wat wonders doen! U het u mag aan die nasies getoon.

16Deur u mag het U u volk gered, die nageslag van Jakob en Josef. Sela

17Toe die waters U sien, o God, toe hulle U sien, het hulle gebewe, selfs die diepsee het gesidder.

18Die wolke het reën neergestort, die donderslae het gerammel, u weerligpyle het oral geblits.

19U donder het gebulder in die storm; weerligstrale het die wêreld verlig! Die aarde het gebewe en geskud.

20U pad loop deur die see, u weg was deur magtige waters, maar u spoor kon niemand sien nie.

21Soos ’n kudde het U u volk gelei; Moses en Aäron was hulle herders.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 77.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.