Psalms 74NLV

1Waarom, o God, verstoot U ons so lank? Waarom is U so kwaad vir hulle wat aan U behoort?

2Dink tog aan u gemeente wat U lank gelede gekies het, die volk gekoop as u eie erfenis, Sionsberg, waar U gewoon het.

3Kom loop tog gou tussen die puin van lank gelede, die puin van u heiligdom wat die vyand verwoes het.

4Daar het die oorwinningskrete van u vyand weerklink, hulle vyand het gevegsbaniere opgerig.

5Dit was asof mense, met byle omhoog, bome afkap in ’n digte bos.

6Al die houtsneewerk het hulle nou met byle en koevoete verpletter.

7Hulle het u heiligdom verbrand, die woonplek van u Naam tot op die grond ontheilig.

8Hulle sê vir mekaar: “Laat ons alles vernietig!” Toe verbrand hulle elke plek in die land waar God vereer is.

9Ons sien nie wondertekens nie; daar is geen profeet meer nie; en niemand by ons weet vir hoe lank nie.

10Hoe lank, o God, sal ons vyande U bespot? Hoe lank sal hulle u Naam vir altyd beledig?

11Hoekom hou U u regterhand terug? Steek uit u hand en vernietig hulle!

12U, o God, is van lankal af my koning, U bring redding op die aarde.

13Deur u krag het U die see verdeel, die koppe van seemonsters in die water vermorsel.

14Die koppe van die Leviatan het U verpletter. U het hom as kos vir die woestyndiere gegee.

15U laat fonteine en strome vloei, en standhoudende riviere opdroog.

16Selfs dag en nag behoort aan U; U het die son en maan gemaak.

17U het die grense van die aarde bepaal, somer en winter het U gemaak.

18Dink tog, o Here, hoe die vyand U bespot, hoe ’n dwase volk u Naam belaster.

19Moenie die lewe van u duiwe aan wilde diere gee nie. Moenie u verdrukte volk vir altyd vergeet nie.

20Kyk tog na u verbond, want tot in die donkerste hoekies is die aarde vol geweld!

21Moenie dat die verdrukte in skande omdraai nie. Laat die behoeftiges en armes u Naam liewer prys.

22Staan op, o God, en verdedig u saak. Onthou hoe dwase mense U die hele dag beskuldig.

23Vergeet nie die geraas van u vyande, die lawaai van u teenstanders wat voortdurend opgaan nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 74.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.