Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 70

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Red my tog, o God! Kom gou, Here, en help my.
3 Laat almal wat my lewe soek, in die skande kom en verward raak. Laat hulle wat my ondergang begeer, op die vlug slaan en beskaamd staan.
4 Laat hulle vlug as beloning vir hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons het hom!”
5 Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!”
6 Ek is arm en behoeftig. Kom gou na my toe, o God. U is my hulp en my redder. Here, moet tog nie langer wag nie!