Psalms 70NLV

1***

2Red my tog, o God! Kom gou, Here, en help my.

3Laat almal wat my lewe soek, in die skande kom en verward raak. Laat hulle wat my ondergang begeer, op die vlug slaan en beskaamd staan.

4Laat hulle vlug as beloning vir hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons het hom!”

5Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!”

6Ek is arm en behoeftig. Kom gou na my toe, o God. U is my hulp en my redder. Here, moet tog nie langer wag nie!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 70.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.