1***
2Mag God ons genadig wees en ons seën. Mag sy goedheid oor ons skyn Sela
3sodat u werke bekend kan word oor die aarde, u reddende krag onder al die nasies.
4Mag die volke U prys, o God, mag al die nasies U loof.
5Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela
6Mag die volke U prys, o God. Mag al die volke U loof.
7Die aarde het oeste gelewer. God, ons God, sal ons seën.
8God sal ons seën, en mense oor die hele aarde sal Hom dien.