Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 67

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Mag God ons genadig wees en ons seën. Mag sy goedheid oor ons skyn Sela
3 sodat u werke bekend kan word oor die aarde, u reddende krag onder al die nasies.
4 Mag die volke U prys, o God, mag al die nasies U loof.
5 Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela
6 Mag die volke U prys, o God. Mag al die volke U loof.
7 Die aarde het oeste gelewer. God, ons God, sal ons seën.
8 God sal ons seën, en mense oor die hele aarde sal Hom dien.