Psalms 66NLV

1Almal op aarde, juig tot eer van God!

2Sing tot eer van sy Naam! Gee Hom eer en lof.

3Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke! U vyande kruip voor u groot mag.

4Almal op die aarde sal U aanbid; hulle moet sing tot u eer en lofsing tot eer van u Naam.” Sela

5Kom en kyk wat God gedoen het, sy magtige dade met die mensdom!

6Die see het Hy verander in ’n droë pad, droogvoets het hulle deur die rivier gegaan. Kom, laat ons jubel oor Hom,

7Hy wat vir altyd deur sy groot mag regeer. Sy oë is gerig op die nasies. Laat geen opstandeling homself verhef nie. Sela

8Alle volke, prys ons God en laat sy lof weerklink.

9Ons lewe, dié hou Hy in stand, ons voete laat Hy nie struikel nie.

10U het ons beproef, o God, soos silwer ons gesuiwer.

11U het ons met ’n net gevang, ’n sware las op ons geplaas.

12U het mense oor ons laat ry, ons deur vuur en vloed laat gaan, en tog gebring waar daar oorvloed is.

13Met brandoffers kom ek na u tempel; geloftes aan U wil ek betaal,

14geloftes met eie lippe en mond gesê toe ek diep in moeilikheid was.

15As brandoffer bring ek die vetste van my vee, as wierook die beste van my ramme. Ook bulle en skape sal ek offer. Sela

16Kom en luister, dienaars van God, ek sal vertel wat Hy vir my gedoen het.

17Ek het na Hom om hulp geroep, Hom geprys terwyl ek praat.

18As ek kwaad in my hart bedink het, sou die Here nie na my luister nie.

19Maar God het tog geluister; Hy het my gebed verhoor.

20Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 66.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.