Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 64

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 O God, luister tog na my klag. Beskerm my teen die dreiging van my vyande.
3 Beskut my teen sameswerings van kwaadwillige mense, teen die kwaadstokery van hulle wat onreg doen.
4 Hulle wat hulle tong skerp maak soos swaarde, soos pyle met bitter woorde skiet,
5 om uit hinderlae op die onskuldige te skiet, om onverwags op hom te skiet sonder om bang te wees.
6 Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle vra: “Wie sal dit ooit raaksien?”
7 Hulle beplan misdaad, en sê: “Ons het ’n volmaakte plan!” Die mens se gedagtes en bedoelings is inderdaad baie duister.
8 Maar God tref hulle met ’n pyl, en skielik is hulle gewond.
9 Hulle eie woorde laat hulle struikel. Elkeen wat dit sien, skud die kop.
10 Dan sal almal, vervul met ontsag, getuig oor die dade van God en iets van sy werke verstaan.
11 Die regverdiges sal bly wees in die Here, en skuiling soek by Hom. Al die opregtes van hart sal Hom prys.