Psalms 62NLV

1***

2Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing.

3Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek baie stewig staan.

4Hoe lank sal julle ’n mens aanval? Hulle almal probeer om my dood te maak. Ek is reeds soos ’n bouvallige muur, of ’n vervalle heining.

5Hulle wil my my ereplek ontneem. Hulle geniet dit om leuens te vertel. Met hulle mond seën hulle my, maar in hulle harte vervloek hulle my. Sela

6Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.

7Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan.

8God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug.

9Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. Sela

10Sekerlik is mense net ’n asempie, en die mensdom onbetroubaar. Op die weegskaal weeg hulle niks. Saam is hulle ligter as ’n windjie.

11Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie.

12God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God,

13en ook die trou behoort aan U, Here. U beloon elkeen volgens sy dade.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 62.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.