Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 61

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 O God, luister na my roepstem en hoor my gebed!
3 Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos. Lei my na die rots hoër as ek.
4 Waarlik, U is vir my ’n skuilplek, ’n sterk vesting buite bereik van my vyande.
5 Laat my vir altyd in u woning bly, en onder die beskerming van u vleuels skuil! Sela
6 Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien.
7 Voeg dae by die lewe van die koning; laat sy lewensjare van geslag tot geslag wees!
8 Mag hy vir altyd voor God regeer. Mag u goedheid en waarheid hom bewaar.
9 Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.