1***
2***
3U het ons verstoot, o God, ons verdediging afgebreek. U was vir ons kwaad; herstel tog u guns oor ons.
4U het ons land geskud en dit oopgeskeur. Heel tog die krake, want dit stort ineen.
5U het u volk laat swaarkry, ons wyn laat drink wat ons laat slinger.
6Vir dié wat U dien, het U ’n vaandel gehys, ’n versamelplek teen die boogskutters. Sela
7Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red.
8In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet.
9Gilead is Myne, ook Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne voortbring en Juda sal my konings oplewer.
10Moab sal my dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.”
11Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring?
12Het U ons verwerp, o God? Sal U, o God, saam met ons leërs opruk?
13Help ons tog teen ons vyande, want menslike hulp is waardeloos.
14Met God se hulp sal ons seëvier, want Hy sal ons vyande vertrap.