Psalms 59NLV

1***

2Red my van my vyande, o God. Laat my vyande my nie in die hande kry nie.

3Bevry my van dié wat boosheid bewerk; red my tog van dié wat bloeddorstig is.

4Want kyk, hulle lê my voor. Gedugte mense span saam teen my al het ek nie oortree of gesondig nie, Here.

5Hoewel ek onskuldig is, bestorm hulle my, gereed vir die aanval. Ontwaak en help my! Kyk tog wat hulle doen!

6O Here, God die Almagtige, God van Israel, gryp tog in en straf al die nasies. Betoon geen genade aan bose verraaiers nie. Sela

7Hulle kom terug in die nag, hulle grom soos honde wat in die stad ronddwaal.

8Kyk hoe hulle my beledig met hulle monde! Hulle wys hulle tande terwyl hulle dink: “Wie sal ons hoor?”

9Maar, Here, U lag vir hulle. U spot met al die nasies.

10My sterkte, op U wag ek, want U, o God, is my skuilplek.

11My troue God sal my tegemoetkom. God sal my laat neersien op my vyande.

12Moenie hulle dadelik doodmaak nie, want my volk vergeet so gou; laat hulle steier deur u krag, en bring hulle tot ’n val, Here, ons skild.

13Weens die sonde uit hulle mond, weens die woorde van hulle lippe, laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed, weens hulle vervloekings en hulle leuens.

14Vernietig hulle in u toorn! Wis hulle geheel en al uit! Dan sal hulle weet dat God in Jakob regeer en tot by die einde van die aarde. Sela

15Hulle kom terug in die nag, hulle grom soos honde wat in die stad ronddwaal.

16Hulle aas rond op soek na kos, maar kry nie genoeg nie, dan tjank hulle.

17Maar ek sal sing van u mag en in die oggend jubel oor u trou. Want U was my toevlug, ’n veilige skuiling in tye van nood.

18Ek sing lofliedere vir U, my Sterkte, want God is my skuilplek, U is my troue God.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 59.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.