Psalms 58NLV

1***

2Julle wat regeer, is julle uitspraak regtig regverdig? Is julle beslissings oor mense billik?

3Nee! In julle gedagtes beplan julle reeds boosheid, met julle eie hande versprei julle geweld in die land.

4Bose mense is so vanaf geboorte; van kleintyd af praat hulle leuens.

5Hulle gif is soos die gif van slange; hulle is soos ’n adder wat doof is

6en nie luister na die slangbesweerder nie, hoe bedrewe die besweerder ook al is.

7God, slaan hulle tande stukkend in hulle mond. Here, breek die slagtande van hierdie leeus.

8Laat hulle verdwyn soos water wat wegsypel. Laat hulle vertrap word soos droë gras,

9soos ’n misgeboorte wat wegsmelt, soos ’n doodgeborene wat nie die son sien nie.

10Vinniger as wat ’n pot warm word oor ’n doringvuur sal God hulle wegvee, sowel jonk as oud.

11Die getroue sal bly wees by aanskoue van die vergelding. Die bloed van die goddeloses sal hy afwas van sy voete.

12Dan sal almal sê: “Daar is regtig beloning vir dié wat toegewyd lewe; daar is beslis ’n God wat regverdig oordeel op aarde.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 58.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.