Psalms 57NLV

1***

2Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is.

3Ek roep tot God die Allerhoogste, tot God wat gereed is om te help.

4Uit die hemel antwoord Hy en red my; hulle wat my wil vernietig, sal Hy verneder. Sela God sal sy trou en waarheid stuur.

5Ek is omring deur leeus, tussen bloeddorstige mense wat my wil verskeur. Hulle tande is soos spiese en pyle, hulle tonge so skerp soos swaarde.

6O God, mag U geprys word ver bokant die hemele, en u heerlikheid besing word oor die hele aarde.

7Hulle het vir my voete ’n lokval gestel. Ek voel terneergedruk. Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval. Sela

8Ek vertrou geheel en al op U. Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing.

9“Word vroeg wakker!” sê ek. “Harp en lier, word wakker!” Ek wil die dagbreek wakker maak!

10Voor die volke wil ek U prys, Here, tussen die nasies wil ek u lof besing.

11Want u trou is hoër as die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.

12Mag U verhewe wees tot bo die hemele, o God, en u heerlikheid erken word oor die hele aarde.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 57.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.