Psalms 57
1 ***
2 Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is.
3 Ek roep tot God die Allerhoogste, tot God wat gereed is om te help.
4 Uit die hemel antwoord Hy en red my; hulle wat my wil vernietig, sal Hy verneder. Sela God sal sy trou en waarheid stuur.
5 Ek is omring deur leeus, tussen bloeddorstige mense wat my wil verskeur. Hulle tande is soos spiese en pyle, hulle tonge so skerp soos swaarde.
6 O God, mag U geprys word ver bokant die hemele, en u heerlikheid besing word oor die hele aarde.
7 Hulle het vir my voete ’n lokval gestel. Ek voel terneergedruk. Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval. Sela
8 Ek vertrou geheel en al op U. Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing.
9 “Word vroeg wakker!” sê ek. “Harp en lier, word wakker!” Ek wil die dagbreek wakker maak!
10 Voor die volke wil ek U prys, Here, tussen die nasies wil ek u lof besing.
11 Want u trou is hoër as die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.
12 Mag U verhewe wees tot bo die hemele, o God, en u heerlikheid erken word oor die hele aarde.