Psalms 56NLV

1***

2Wees my genadig, o God. Daar is mense wat my agtervolg. Die hele dag val my vyande my aan.

3My aanvallers agtervolg my sonder ophou, en baie val my aan, o Allerhoogste.

4Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.

5In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?

6Die hele dag verdraai hulle wat ek sê; hulle bose gedagtes is teen my gerig.

7Hulle span saam en hou my dop, en beloer my tree vir tree, gretig om my dood te maak.

8In die lig van hulle sondes, kan hulle enigsins ontsnap? O God, bring hulle tot ’n val in u toorn.

9U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek.

10Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis.

11In God, wie se woord ek prys, in die Here, wie se woord ek prys,

12in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie! Wat kan ’n gewone mens aan my doen?

13My geloftes aan U sal ek nakom, o God, aan U sal ek dankoffers bring.

14Want U het my van die dood gered. U het my voete van struikeling bewaar sodat ek saam met God kan loop en kan lewe in sy lig.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 56.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.