1***
2Here, straf my nie in u toorn, kasty my tog nie in u woede nie.
3Wees my genadig, Here, want ek is swak. Maak my gesond, Here, want my liggaam is vol pyne.
4My hele wese is angsbevange. Hoe lank nog, Here?
5Kom terug, Here, en red my. Genees my op grond van u liefde.
6Want wie onthou U in die graf? Wie kan U loof in die doderyk?
7Ek is vermoeid van verdriet. Snags is my bed deurweek, is my kussing nat van trane.
8My oë is dof van droefheid, dis verswak weens al my vyande.
9Gaan weg, al julle kwaaddoeners, want die Here het na my hulpgeroep geluister.
10Die Here het my pleidooi gehoor; die Here sal my gebed beantwoord.
11Al my vyande sal beskaamd en baie verslae wees; in ’n oogwink sal hulle beskaamd wees en omdraai.