Psalms 5NLV

1***

2O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting.

3Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid.

4Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.

5O God, U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie.

6Verwaandes kan nie voor U kom nie; U haat almal wat kwaad bewerk.

7U vernietig hulle wat leuens vertel. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.

8Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid.

9Leer my tog wat reg is, Here, vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit.

10Hulle praat nie die waarheid nie, en begeer ander se vernietiging. Hulle keel is ’n ope graf, hulle tong is pure vleiery.

11O God, verklaar hulle skuldig. Laat hulle gevang word deur hulle eie planne. Jaag hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.

12Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel.

13Want U seën die vromes, Here, u genade beskerm hulle soos ’n skild.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.