Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 5

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting.
3 Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid.
4 Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.
5 O God, U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie.
6 Verwaandes kan nie voor U kom nie; U haat almal wat kwaad bewerk.
7 U vernietig hulle wat leuens vertel. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
8 Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid.
9 Leer my tog wat reg is, Here, vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit.
10 Hulle praat nie die waarheid nie, en begeer ander se vernietiging. Hulle keel is ’n ope graf, hulle tong is pure vleiery.
11 O God, verklaar hulle skuldig. Laat hulle gevang word deur hulle eie planne. Jaag hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.
12 Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel.
13 Want U seën die vromes, Here, u genade beskerm hulle soos ’n skild.