Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 4

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Antwoord my wanneer ek roep, my regverdige God! U staan my by in my verknorsing. Wees my genadig en hoor my gebed.
3 O mensdom, hoe lank sal julle my goeie naam beklad? Hoe lank sal julle valse beskuldigings maak? Hoe lank sal julle leuens najaag? Sela
4 Hiervan kan julle seker wees: Die Here het besondere genade aan die getroues bewys. Die Here sal antwoord wanneer ek tot Hom roep.
5 Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela
6 Bring die voorgeskrewe offers en vertrou op die Here.
7 Baie mense sê: “Wie sal vir ons goeie dinge wys?” Laat u glimlag oor ons skyn, Here!
8 U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed.
9 Ek sal in vrede gaan en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon.