Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 3

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 O Here, ek het so baie vyande; so baie kom teen my in opstand.
3 So baie sê: “God sal hom nooit red nie!” Sela
4 Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op.
5 Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord. Sela
6 Ek het gaan en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou.
7 Ek is nie bang vir tienduisende mense wat my van alle kante bedreig nie. Sela
8 Staan op, Here! Bevry my tog, my God! U het al my vyande op die kakebeen geslaan, die tande van die goddeloses het U gebreek!
9 Verlossing kom van U, Here. Mag u seëninge op u volk rus. Sela