1***
2O Here, ek het so baie vyande; so baie kom teen my in opstand.
3So baie sê: “God sal hom nooit red nie!” Sela
4Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op.
5Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord. Sela
6Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou.
7Ek is nie bang vir tienduisende mense wat my van alle kante bedreig nie. Sela
8Staan op, Here! Bevry my tog, my God! U het al my vyande op die kakebeen geslaan, die tande van die goddeloses het U gebreek!
9Verlossing kom van U, Here. Mag u seëninge op u volk rus. Sela