Psalms 2NLV

1Hoekom gaan die nasies so tekere, en bedink die volke nuttelose planne?

2Die konings van die aarde het saamgesweer; die heersers span saam teen die Here en sy gesalfde.

3Hulle sê: “Laat ons hulle kettings stukkend breek, onsself bevry van hulle slawebande.”

4Maar Hy wat vanuit die hemel heers, lag oor hulle. Die Here spot met hulle.

5In sy toorn praat Hy met hulle, en in sy woede verskrik Hy hulle:

6“Ek het hom op Sion, my heilige berg, as my koning aangestel.”

7Ek wil vertel van die Here se besluit. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun. Vandag het Ek jou Pa geword.

8Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting.

9Met ’n ysterstaf sal jy hulle stukkend slaan, soos ’n kleipot hulle verpletter.”

10Wees nou verstandig, o konings! Wees gewaarsku, regeerders van die aarde!

11Dien die Here met eerbied en juig oor Hom met bewing.

12Onderwerp julle aan God sodat Hy nie toornig word en jy op die pad omkom nie. Want sy toorn ontvlam gou, maar daar is vreugde vir almal wat by Hom skuil.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.