Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 1

:
Afrikaans - NLV
1 Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie.
2 Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag.
3 Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig.
4 Maar dit geld nie vir die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat die wind verstrooi.
5 Daarom sal goddeloses nie voortbestaan in die oordeel, of sondaars in die geselskap van regverdiges nie.
6 Want die Here waak oor die pad van die gelowiges; maar die paaie van die goddeloses lei tot ondergang.